pngegg - 2021-04-21T150124.790.png
RUGBY

Wilgie Rugby streef na die beste ontwikkeling ongeag die span waarin ons kinders deelneem.

Met toegewyde afrigters en ouers wat as buite afrigters optree, saam met entoesiastiese spelers, is ‘n wenkultuur onafwendbaar.

Vanaf Bulletjie Rugby tot o/19-spanne, word die seuns aan kwaliteit afrigting blootgestel in die Oos-Vrystaat, sowel as die Noord-Vrystaat A-liga. In die 13-man en 7-man format is daar al hoë hoogtes bereik. Met moderne fasiliteite soos ‘n “jump stretch”-gimnasium en ‘n gewone gymnasium, asook goedversorgde velde en toerusting, word die spelers tot hulle maksimum ontwikkel.

Die skool lewer jaarliks verskeie Nasionale, asook Provinsiale spelers op, onder meer: Fredrich Lombard (Springbok), Coenraad Groenewald (Noord-Transvaal) en Danie van der Merwe (Griffons).

 
pngegg - 2021-04-21T150124.790.png
RUGBY AFRIGTERS
Nadine van derMerwe o-9.jpg
Fanie van der Merwe o-9.jpg
Faantjie van Vuuren o-11.jpg
Piet Rautenbach o-11.jpg
Ben van Coller o-13.jpg
o/9

Nadine van der Merwe

o/9

Fanie van der Merwe

o/11

Faantjie van Vuuren

o/11

Piet Rautenbach

o/13

Ben van Coller

Nakki Naude o-13.jpg
Pieter Meyer o-13.jpg
Henno Lubbe of Petri van der Merwe o-15.
Petri van der Merwe o-15.jpg
o/13

Fanie van der Merwe

o/13

Nakkie Naude

o/13

Pieter Meyer

o/15

Henno Lubbe

o/15

Petri van der Merwe

Jandre Labuschagne o-15.jpg
Deon de Jager o-16.jpg
Spanjool Wessels o-16.jpg
Hano Rautenbach 1ste.jpg
o/15

- Jandré Labuschagne

o/16

Deon de Jager

o/16

Spanjool Wessels

1 ste

Hano Rautenbach

1 ste

Danie van der Merwe

pngegg - 2021-04-21T150124.790.png
NETBAL

By Hoërskool Wilgerivier poog ons om elke dogter die geleentheid te gee om netbal op die hoogste vlak te beoefen. Alhoewel ons trots is op ons Protea en Provinsiale spelers, is die skep van geleenthede vir almal ‘n groot prioriteit. Daarom word deelname sterk aangemoedig.

Ons afrigters is bekwaam, entoesiasties en beskik oor die nodige ondervinding wat hulle in elke dogter en span terugploeg.

Ons beskik oor 8 netbalbane, asook ‘n netbal spankamer. Ons het ook ‘n FlexiFit gymnasium waar dogters teen hulle eie weerstand oefen met ‘n elastiese band.

Oor die jare verwerf verskeie Wilgies hulle Proteakleure, onder meer: Lizanne Müller en Anja Opperman. Verskeie leerlinge verwerf ook jaarliks hulle provinsiale kleure en neem deel aan S.A.-Netbalweke.

Die Wilgies lewer nie net top speelsters nie, maar ook skeidsregters. Verskeie skeidsregters het A-graderings verwerf en skeidsreg by S.A.-Netbalweke.

Indien netbal jou passie is – word deel van Wilgie Netbal!

pngegg - 2021-04-21T150124.790.png
NETBALAFRIGTERS
Marna Swiegers.jpg
Annatjie Truter.jpg
Kotie Ungerer.jpg
Tarien Oosthuizen.jpg
Chané Oosthuizen.jpg
1 ste span

Marna Swiegers

1 ste span

Annatjie Truter

2de span

Kotie Ungerer

o/16      

Tarien Oosthuizen

o/15       

Chané Oosthuizen

Sanri van der Watt.jpg
Wilmie Greyling.jpg
Didi Edwards.jpg
Lizl Lange.jpg
Marli du Preez.jpg
o/14

Sanri van der Watt

o/13A

Wilmie Greyling

o/13B

Didi Edwards

o/12

Lizl Lange

o/11A

Marli du Preez

Jessica Wessels.jpg
Elma Groenewald.jpg
Megan Klopper.jpg
Luzé Naudé.jpg
Sunelle Janse van Rensburg.jpg
o/11B

Jessica Wessels

o/10

Elma Groenewald

o/8

Megan Klopper

o/8

Luzé Naude

o/7

Sunelle Janse van Rensburg

Esmi Venter.jpg
o/7

Esmi Venter

pngegg - 2021-04-21T150124.790.png
HOKKIE

Die sportsoort strek vanaf mini-hokkie, laerskool en hoërskool hokkie – daar is ‘n plekkie vir alle spelers in die drie laerskool en hoërskool spanne. Die mini-hokkie spelers leer vaardighede en sportmanskap aan. Hulle neem ook deel aan toernooie om hulle te slyp vir latere ligawedstryde.

Die hoër- en laerskoolspanne vaar uitstekend in die liga’s waarin hulle speel. Dis belangrik vir die bekwame afrigters dat die spelers nie net hokkie speel nie, maar dat ook hulle fisiese- en geestelike aspekte ontwikkel word.

pngegg - 2021-04-21T150124.790.png
HOëRSKOOL HOKKIE AFRIGTERS
Dalene Muller.jpg
Megan%20Klopper_edited.jpg
Melanie Vlok.jpg
Monica van Heerden.jpg
pngegg - 2021-04-21T150124.790.png
LAERSKOOL HOKKIE AFRIGTERS
Tanya Schultz.jpg
Megan%20Klopper_edited.jpg
Melanie Vlok.jpg
Ronel de Jager.jpg
Esmi Venter.jpg
1 ste span

Tanya Schultz

2 de span

Megan Klopper

Organiseerder

Melani Vlok

Mini Hokkie

Ronel de Jager

Mini Hokkie

Esmi Venter

Chrizelle Uys.jpg
Chané Oosthuizen.jpg
Wilmie Greyling.jpg
Luzé Naudé.jpg
Mini Hokkie

Chrizelle Uys

Mini Hokkie

Chané Oosthuizen

Mini Hokkie

Wilmie Greyling

Mini Hokkie

Luzé Naudé

 
 

Monica van Heerden

Organiseerder

Melani Vlok

o/15

Megan Klopper

2 de span

Dalene Muller

1 ste span
pngegg - 2021-04-21T150124.790.png
KRIEKET

Hoërskool Wilgerivier beskik oor goeie krieket fasiliteite en skryf spanne van o/7 tot o/19 in die bepaalde ligas in.

Al die spanne word afgerig deur onderwysers en bekwame ouers.

 
pngegg - 2021-04-21T150124.790.png
ATLETIEK

Atletiekafrigting by Hoërskool Wilgerivier geniet baie hoë prioriteit. Die sukses lê in die afrigters se dinamika, betrokkenheid en kennis van hulle item, leerlinge wat met geesdrif deelneem, positiewe ouers en die besondere seën wat van Bo ontvang word.

Om ‘n Wilgie te wees, is ‘n lewenswyse – Wilgies het ‘n sekere manier van dinge doen – hulle is anders – jy kan dit nie aan iemand oorvertel nie – jy moet dit beleef.

Wilgies is wenners – hulle weet daar is geen kortpad na sukses nie en dat sukses nie per ongeluk oor jou pad kom nie.

Die seuns- én dogtersspanne verower die Clovertrofeë jaar na jaar vir die beste seuns- en dogterspanne in hulle afdelings by die Clover Atletiekbyeenkoms– die seuns 19 keer in 22 jaar, terwyl die dogterspan spog met agtien jaar in ‘n ry. Hierdie twee spanne se leuse is sonder twyfel: “Ek sal sterf vir Hoërskool Wilgerivier!

Verskeie provinsiale atlete word jaarliks deur Hoërskool Wilgerivier opgelewer – op atletiekgebied gee Hoërskool Wilgerivier sonder twyfel die pas aan!

Atletiek is verseker die sportsoort wat die meeste van sy beoefenaar eis. Daarom dat die uitblinker-atleet ‘n besondere mens is. ‘n Mens met ‘n ystere wil, ‘n mens met navolgenswaardige selfdissipline, ‘n mens met besondere sportmangees, ‘n mens met ‘n doel voor oë, ‘n mens wat bereid is om hard te werk en alles te gee om hierdie doel te verwesenlik. Hierdie eienskappe is dan ook verteenwoordigend van die Missie en Etos van Hoërskool Wilgerivier.

Die wenner is nie altyd die atleet wat die sterkste of die vinnigste is nie. Nee, die wenner is dié atleet wat dink en glo dat hy kán wen.

Al die spanne word afgerig deur onderwysers en bekwame ouers.

 
pngegg - 2021-04-21T150124.790.png
TENNIS

Kishou op kishou oorwin die Wilgies groot skole. Ons neem jaarliks deel aan die Oos-Vrystaatliga en neem uitdagings aan, soos die Nelspruit Groot 5-toernooi, Cradock en Limpopo en vaar baie goed.

Tennis is ‘n alleen-sport waarin die leerling leer om op sy eie die leer te klim na groot hoogtes. Ons is baie trots om S.A.-spelers op te lewer.

Saam met onderwysers en buite-afrigters, slaan die Wilgies die teenstanders met ‘n kishou!

Al die spanne word afgerig deur onderwysers en bekwame ouers.

pngegg - 2021-04-21T150124.790.png
ORGANISEERDERS
Kotie Ungerer.jpg
Lizl Lange.jpg
Esmi Venter.jpg
Hooforganiseerder

Kotie Ungerer

Lizl Lange

Esmi Venter

Chrizelle Uys.jpg
Jandre Labuschagne.jpg
Megan Klopper.jpg

Chrizell Uys

Jandré Labuschagne

Megan Klopper

 
pngegg - 2021-04-21T150124.790.png
LANDLOOP

By Wilgerivier wil almal landloop doen, want ons kinders presteer! Daar is jaarliks ‘n klomp atlete wat opgeneem word in die Oos-Vrystaatspan en uit die Vrystaatkampioenskap gaan verskeie landlopers na die S.A.-Kampioenskap.

 
pngegg - 2021-04-21T150124.790.png
LANDLOOPAFRIGTER
Claire Muller3.jpg

Claire Muller